Kampvuur

Laataand verlange

“As ek saans met my maats om die kampvuur sit, kampvuur sit, klop my hart van puur genot…” Die ouer Boggomjane onder ons sal hierdie liedjie kan onthou uit hulle prille Vorie-jeug. Die jonger trop sal egter moet gaan Google vir sy oorsprong, om te probeer bepaal waar die liedjie inpas in ons herkoms. Wanneer ek en my maats deesdae …

Wanneer laas

Wanneer laas…

Wanneer laas was jou gelaat se trekke tussen ‘n ander se warm hande sag toegevou met deernis? Wanneer laas het jy die drang-en-hitte-passie van lief-vir-jou ervaar? Wanneer laas kon jy die altyd-daar-wees-lekker van lank-saamloop beleef? Wanneer laas het jy iets anders ervaar as koud en kil en hard? Wanneer laas was jou bestaan van dag tot dag meer as net …

Jy was nie meer daar nie

Jy was nie meer daar nie

Ons was daar vir mekaar vir baie lank. Mekaar se maatjies, mekaar se optel-na-nuwe hoogtes, mekaar se huppel-in-die-stap, mekaar se blink-oog-inspirasie, mekaar se skaterlag. Ons was soveel meer as net mekaar se beste vriende – ons was ook bondgenote, minnaars, sielsgenote. Ons het selfs ons eie bende gestig, lidmaatskap beperk tot net ons twee. Ons was trots daarop dat ons …