Resensies

Wat die trop te sรช het oor oom Boggom se produkte, kwaliteit, dienslewering en skryfwerk

ADELE GERMISHUIZEN

Briljante vinnige diens. Koffiebekers afgelewer binne twee dae na bestelling geplaas is. Kan nie wag vir my Boggom vellies nie ๐Ÿ˜

ANTON REYNEKE

My parcel arrived today, I opened it and inside very neatly and professionally packed was table and longdrop. Absolutely stunning, the work is professionally done and it is something to be proud of. I will be treasuring it for the rest of my life.

Thank you Boggom, you are the best and I will use you more.

NICO VENTER

Kwaliteit produkte. 'n Man wat lewer wat hy belowe. En op tyd.

MAUREEN DUNMORE VAN RENSBURG

Excellent quality products. Sense of humour second to none. Lively and entertaining Facebook page...I never get the feeling you are only here to sell but to entertain.

LIEZEL BURRIE TOUA

I ordered a "longdrop" on Monday and received my parcel 8 am the following morning. Best Service ever!!! Very Happy Client

ADELE COETZEE

Boggom Vellies is een van die mees eerbaarste sites op Facebook. Dis nie 'n maatskappy waar jy net nog 'n nommer is nie. Mens sien die posts waar soveel moeite gedoen is en selfs gaan kuier het by mense. Waar sien mens dit nog in vandag se tyd!? Net by Boggom.

KUMRA TAU

It is now some months after I got my pair of Boggom Vellies and I am in love with them. They fit like a glove and when I put it on it just feels right. Thank you for an excellent product.

MIRA KLEYNHANS

Fantastiese diens wat ek gekry het. Het my beker goed verpak. Super trots dat ek die 1ste "ouma" beker gekry het. Boggom word hoogs aanbeveel.

CHANTELLE DU TOIT

Bought husband the Boggom Drakensberg vellies. Most comfortable vellies ever. Ian went above and beyond as it was a rush order for a special occasion. Will definitely support in future.

DEIRDRE THOMSON

Opregte ménse mens! Puik diens en puik produk. Doen so voort! Met trots deel van die Boggom trop โค๐Ÿ’ ๐Ÿ˜‰

MARYNA SAUER

Boggom makes the best vellies ever and he’s an awesome human being.

melissa pieterse

Pragtigste vellies in al die kleure wat jy aan kan dink! ๐Ÿ’–๐Ÿ˜๐Ÿ’–

HENRIET DU TOIT JACOBS

Mooiste, sagste, lekkerste-loop vellies ooit!!!

LINDA VAN ZYL

Pragtige vellies so af die plaas.

marinda grobler

They make the best vellies ever.

JOLINDA VAN VUUREN

Baie dankie vir ons vellies! Dit is pragtig verby!!!! ๐Ÿ˜

LINDA FERREIRA

Beste, mooiste vellies te kry!! Kwaliteit en met soveel liefde gemaak in die mooiste kleure!!

CORA JACOBSEN

Uitstaande kwaliteit en diens! Absoluut mal oor my vellies! Beste verjaarsdag geskenk ooit.

MICHELLE BOTES

Die sagste, gemaklikste skoene met uitstekende vakmanskap.

KAREN MALHERBE

Dit het my dag gemaak, het nou al die kleure van die reënboog in Boggom vellies.๐Ÿค—๐Ÿ˜๐ŸŒˆ Baie dankie oom Boggom ๐Ÿ’. Kan nie wag om hulle af te "show" by almal nie. ๐Ÿ‘žโค๏ธ๐Ÿงก๐Ÿ’›๐Ÿ’š๐Ÿ’™๐Ÿ’œ๐Ÿ–ค

DOREEN GREEN

Dis pragtig en baie gemaklik aan jou voete.

ANNELIZE HIETBRINK

Uitstekende diens en fantastiese kwaliteit vellies. Ek het die rooi paar Bergpatatte bestel. As Comradesatleet leef ek in hardlooptekkies en het nie gedink daar bestaan gemakliker skoene as tekkies nie. Maar jinne, die rooi Bergpatatte sit soos 'n droom! Ek was amper lus om 'n entjie met hulle te gaan draf ๐Ÿ˜‰

SUSAN BADENHORST

Superior quality and an excellent product to be proud of.

leoni FLYNN

Awesome humour, awesome vellies.

leonie humphries

Great service! Wonderful product. Fantastic after sales service! All of this with a brilliant touch of humor added to it!

LYDIA DU PLOOY BOTHA

Liewe Boggom. Baie dankie vir twee pragtige pare vellies wat by ons afgelewer is. Nie net.....het jy woord gehou met die datum nie...jy het n kwaliteit produk gelewer!!! Dit wil gedoen wees!!! Boggom is BO!!!!!

MARI FOURIE

Beste kwaliteit wat jy kan kry!

PATSY JOUBERT

Offisieël die gemaklikste skoene wat ek besit. โ™ก

VAURUSCHKA JACOBS

Ons het gister (baie laat, want ons troue is oor amper minder as 'n maand) beide van ons se vellies bestel. Ons is BAIE opgewonde om met die pragtige vellies te trou! Ons het werklik tussen gister en vandag nog net DIE BESTE diens ontvang. Ons word gebel, ge-epos en so spoedig moontlik gehelp. Ons word werklik eerste geplaas as die kliënt en voel so belangrik om sulke awesome diens te ontvang.

Baie Baie dankie oom Boggom! Ons waardeer dit opreg, ons kan nie wag vir ons vellies nie en om ons groot dag daarin te spandeer nie! Ons sal enige tyd jou aanbeveel en WEER EN WEER gebruik! Jy is BAKGAT!

MARISE GIANI

Die beste kwaliteit vellies, ek is in die wolke, kinderlik gelukkig en voel soos 'n regte plaasmeisie in die stad. Baie dankie vir die gehalte, gemak en aandag aan detail.

As jy dié lees en nog nie vellies by oom Boggom bestel het nie, waarvoor wag jy?!?!

lorette smith

My Boggom bergpatat vellies is awesome verby en super sag opi voete...

SNOWWEAN ERASMUS

Awesome Page, en die BESTE en MOOISTE vellies wat jy ooit sal kry!

IAN LANDMAN

Beautiful Boggom vellies and excellent service... Dankie!

KAREN BRITS

Altyd witty met sy stories! Om van die mooie, eg Suid Afrikaanse vellies nie eens te praat nie! 'n Post van Boggom laat jou altyd glimlag! ๐Ÿ˜‰๐Ÿ˜๐Ÿ˜

ANNEMARIE REDELINGHUYS

Love the vellies... and the personal attention.

ELISE HECHTER

Beste vellies ooit!

BERNA CLOETE

Diens diens diens!! Dié klas van behulpsaamheid en passie vir wat gedoen word is uitstekend.

RUANDA PRINSLOO LEWIS

Het vandag my twee pare awesome Bergpatat vellies ontvang van Boggom. Ek is inderdaad beindruk met hierdie pragtige pare skoene en gaan dit vir seker die wêreld vol dra! Dis baie goeie kwaliteit, mooi afgewerk en baie gemaklik...a perfect fit!

RIETJIE VAN VUUREN

Boggom is bobaas โคโคโค๐Ÿ˜๐Ÿ˜๐Ÿคฉ๐Ÿคฉ๐Ÿต๐Ÿ’๐Ÿฆ

chantÉ nell

Die mooiste vellies wat jy kan kry!

YVONNE LEACH

Ek lief die skoene baie dankie vir die blad.

JENNY FOURIE

Dís die regte skoene vir gesonde voete!

juanita muller

Amazing ek het 'n ruk terug n beroerte gehad en iemand het vir my 'n paar Boggoms gegee. ek dra dit letterlik elke dag want my linkerkant is lam. dit is baie gemaklik op my voete.

RIKA VENTER

Stunning vellies!! en prettige sêgoed sonder pretensie.

WIHAN GERMISHUYS

Hulle vellies is next level gemaklik en sag! Kan nie wag om hulle aan te trek en in die veld 'n bok met hulle te gaan bekruip nie...

JENEFER DE BEER

Intelligente komedie. Soms ook met 'n lewenslessie.

MARLINDA VOGES LIEBENBERG

Boggom is Boggom, en ek volg die malletjie al lank, hy maak mens se dag met AL sy sêgoed, doen jy so voort BOGGOM!!!!

ERICA ADAMS

Boggom sit altyd 'n smile op my gesig.

IDA DU PLESSIS-FAURIE

Original and functional items!

MONICA VERMAAK

Ek lief Boggom se mooi goed....gaan lees ook sy blog....baie aangename persoon met n goeie sin vir humor....ek boggom sommer saam.

HENDRIKA FORRESTER

If I could rate more I would. Love reading all the posts. Boggom you make my day! Love love love all the jokes. Keep it up.

COLETTE VERMAAK

My daaglikse inspirasie ๐Ÿ˜‰

TONJA LOUWRENS

Baaaaaie dankie!!!!! Ek het nou net my Boggom soustafeltjie gekry, net betyds vir die lang naweek se kamp.... gaan dit beslis gebruik en vir al die mede kampers wys. Dit is regtig pragtig in regte lewe, baie mooier as op die foto's.

JY MAG MAAR!

MARIETTE OLIVIER-WENTZEL

Baie dankie Boggom ek het vandag my pakkie gekry nadat ek Sondag bestel het. Puik diens!! In my skik met my Boggom voorskoot en vleisbord.

ANRI CALLOW

Ek is mal oor jou page. Keep it up. Cannot wait for your posts.

CORNELIA JURKEWITZ

Boggom en Koffie. Kick start your day. Daar is nou maar net nie 'n ander manier om te begin nie. Kap 'n spyker op sy kop terwyl jy giggel en die res van die familie hulle oë rol.

MARIA DYASON UNGERER

Thanx vir die great blad en jou puik stories waaroor ons so lekker kan lag. Moet net nie ophou met Boggom nie - keep on keeping on!!! *****

ANTOINETTE O'BRIEN

Like dit baie. Het baie tyd vir lees hier in Saudi Arabia.

JOHANN BOSMAN

Jy maak my dag elke keer wanneer dit die nodigste is.

MARIETTE CRAWFORD

So sit ek maar in my verveelde oomblik en dink toe: skryf bietjie 'n resensie vir die Boggombakkiesblad...

So 'n ruk terug, ag ek wil nie eers tel nie (die ouderdom-ding vang my as ek in syfers begin dink) gaan ditsem ek mos 'n blad wat Trivia SA (deesdae Boggom Vellies) heet.

Vir my was die 1ste Trivia SA "Chappiepapiertjie vir die dag" 'n tong-in-die kies (letterlik en figuurlik) herinnering. Die stories vertel van kougom kou want jy léér mos iets, pa wat dikbek grom ”Spoeg uit, want jy lyk soos ‘n herkouende koei” en ma wat met ysblokkies probeer om die hare vol kougom te red ... en dan ten einde laaste die skêr gryp en afknip.

Die tranedal omdat jy skielik met 'n propperse vierkant-kuif spog, of jou poniestert is happerig, maar die rede is een of ander nuwe haarstyl wat ma gesien het in die "'genoot”.

So stap die tyd saam met Trivia SA aan... Ag en toe kom Boggom mos agter die berg uit ... Menige maal probeer ek maar verduidelik hoekom ek, so op my eie, soos 'n seniele ou tannie (ampertjies daar) sit en giggel of hardop lag vir my foontjie! En dis ook mos dat ek leer, nie almal vang hierdie Boggom se sê-goed nie.

Ek word aangegaap terwyl ek breëbek, kleintongetjie duidelik sigbaar, probeer om die hele gedoente te verduidelik. Geen glimlag, een oogknip per minuut soos wat die brein die boggomjismes probeer snap ... en toe,na die hoeveelste storie oordra en geen klik in die luisteraar se brein nie, besluit ek net daar: Deel die verdomde blad!

Van “screenshots, copy en paste, footnote: Boggom Facebook, en share” tot by "het jy al gesien of gehoor van Boggom?" (Nee, dis nie ‘n storie oor 'n mal apie nie, nog minder 'n graad 1 leesboek.) Het gedink as hulle self deel raak van die Boggom-gemeenskap, hulle beter sal vaar...

Ander les geleer? Jip! Jy moet self ‘n boggomjaan wees om dáárdie klik te ervaar! Nou kyk, ek is nie 'n skrywer van formaat nie, maar ek dink "Aapstreke Volume 1: van Rotfontein na Magalieskruin" (Boggom se boek) sal 'n paar breine laat kierkier soos die maroelas en mooi dinge in plek val. Ek kan nie wag om daardie ene ook te deel nie!

Boggom, doe' so voort!

ELMARIE ELIZE VAN HUYSSTEEN

Ek kry die aapstuipe as ek nie vir Boggom sien nie... ek hou daarvan om Boggom se plasings te lees, maar ek comment nie baie nie... ek het maar net stiller geword... maar 10/10 vir jou Boggom.

elusha muller

Wat kan ek anders sê as "ek like Boggom en sy pelle" kwaai...

HENTIE BOTES

Boggom het talent. 'n Gawe. 'n Paar gawes. Hy kan skryf en mens laat lag. Doet zo voort! Een moerse oulike bo'jaan!!!!! I loves u!

LINDA NEL

Skerp humorsin. ñ Aap so na my smaak. Dankie vir die lekker lag!

MONICA NEL

Nog steeds die beste medisyne! Love die page.

ALMA GERBER

Laat my soms lekker "grin" vir die posts wat ou Boggom plaas.ek geniet dit baie....jys sommer 'n cool kees. ๐Ÿ™‚

MADELEEN KOTZE NÉÉ KOORTZ

Uitstekende humor. Geniet die stories en klinkslae bitter baie. Die stories word so mooi beskryf en in jou gedagtes geteken dat dit mens amper tot by die mense neem.

LILLIAN VENTER

Ek verkreukel myself van die lag vir jou kwinkslae. Hou so aan.

ALET WANNENBURG ROSSOUW

Jy ou boggompie... kleur ons vaal dae in... sommer n helder skerp fris vars... ROOI... dankie jys awesome....

CHRISTA VAN DER WALT

Hierdie bobbejaan het sjarme, is vriendelik, vermaaklik, vrolik, kreatief, skerp en baie snaaks. Hy is oral geliefd, veral in Montana.

Hy is ons eie Montana-Banana!

Ons lewens was maar saai sonder jou!! Ek is nou 'n trotse Boggom-volger (ek dink ons kan onsself "Boggers" noem hahaha)

Ons is mal oor al jou skrywes ou Boggom, jy maak die lewe 'n lekker plek!

Gooi mielies (of maroelas).. 

BENNIE SCHOEMAN

Sonder Boggom se pittighede en kwinkslae,sou die alledaagse lewe vaal gewees het. Altyd tyd vir 'n grappie. Ek lag, ons lag - dit is die beste medisyne. Dankie Boggom, jy mag maar!

HESTER FLEMMING-CLAASSEN

Heerlike lekkerlag blad. Boggoms "blaf" mos, so blaf aan hoor!

ELIZE JORDAAN

Vir my sal jy Super Duper, awesome bly. Hou aan met wat jy doen Boggom, ons like jou stukkend!!

ERIKA BODENSTEIN

Lief lief lief! Skreeusnaaks, soms hartverskeurend. Altyd pittig. Altyd 'n plesier om te lees!

PIETA NIEMAND

Lag lekker en dis 'n ongelooflike blad geniet dit ten volle. 10 uit 10 vir die skrywer! hou aan en gaan groot, moenie stop nie. Dis nie almal wat met woorde kan speel nie.

PIXIE SCHOEMAN FINCHAM

Uitstekend Ian. You've got the gift of the gab. Jy mag maar skryf.

geraldine groenewald

Can't wait till the next post. Love bobjaan "tails"!

HUGO CLAASSEN

As ek die dag nie so lekker vierkant in die oë kan kyk nie soek ek net ou Boggom se blad en siedaar... In 'n japtrap lyk die dag sommer beter! Ou Boggom, hou aan met wat jy doen, jy raak mense se lewens op n positiewe wyse aan. Jy's n flippen legend my ou!

MARIE OBERHOLZER BOTES

Ek mis nie een "post" van ou Boggom. Die hoogtepunt van my FB-week.

ronel du preez

Soos 'n brommer van my motor se windskerm afspat... soos 'n deurklokkie wat ewe skielik nie werk as die skoonma daar staan... soos 'n groen telefoontjie op jou foon se skerm, wat nie werk as die bank bel nie... so is die skerp aanmerkings vanaf Boggom, 'n onverwagte opkikkering in 'n daaglikse Suid-Afrikaanse middelmatige bestaan! Doen so voort...

JADAE THIEL

Ek voel sommer nou rustiger na ek so baie gelag het. Boggom, jou blad is super en die donker beneukte wolke is sommer nou weg.
Dankie vir jou grappe.
xxxxx

chris du toit

Now if you need a laugh at some brilliant writing this is the place to be. He takes normal everyday life events and gives it a spin that has you in stitches. And why. Because it happens to all of us or that's what we are thinking.

Carry on Boggom. You are a breath of fresh air.

JAKKIE COETZEE

Ek geniet sy unieke manier van die beskrywing van gebeurtenisse.

ANTOINETTE DU PLESSIS

Boggom is bobaas! Maak my dag en laat my lekker lag en kan myself vereenselwig met van die dinge wat in Boggom se lewe gebeur. Dankie Ian, jy's n awesome skrywer.

ANNETJIE VISAGIE

Jou skrywes is absoluut 'n treffer. Skryf net - ons sal lees.
Jy kyk mooi na ons Boggom. Jy sorg vir lekker lag en pret. Ons Boggomjane is trots op jou. Ek gee jou sommer 5 sterre vir goeie en getroue werk.

RUANDA PRINSLOO LEWIS

Beste page op Facebook!

MARTIE BROUGHTON

Ek's dié grootste aanhanger van die Boggom Fan Club!

MARIETTE RAUBENHEIMER

Boggom! Jou weeklikse bobbejaanstreke word internasionaal geniet. Ek is 'n inwoner van Montana wat in die buiteland werk en ek kan nie wag om te hoor wat die Bergbobbejaan oor "Mountana" te sê het nie!!!

Wel gedaan Boggom. Doen so voort!

AMANDA RAATH

Daar is nou al twee redes om uit te sien na Vrydae ... dis naweek en Boggom se weeklikse berig! Boggom se aapstreke is so heerlik verfrissend tussen al die baklei en ander negatiwiteit, so avo maar net sê, doen so voort, jy doen goed

CLAIRE BEHARRIE

Love these writings of yours even though Afrikaans is my 2nd language! Keep it coming 

ANNELIEN WASSERMAN

Sulke lekker tong in die kies stories.... Baie verfrissend en sien uit om meer te lees!