Wyntafeltjie (glase ingesluit)

R490.00

Handgemaak van eerstegraadse dennehout (pine) met die grootste liefde deur Boggom homselwers, is hierdie wyntafeltjie perfek vir wynliefhebbers oral.

INGESLUIT: 4 x 300ml wynglase.

Stewige konstruksie getuig van die kwaliteit vakmanskap van ‘n houtwerker wat trots is op sy handewerk.

Die vernis wat gebruik is, is beide UV- en waterbestand. Enige kondensasie kan dus maklik met ‘n klam lap afgevee word.

Ontwerp om die mees populêre wynbottels te huisves.

Nie te koop aan persone onder die ouderdom van 18 jaar nie.

Let wel: Daar is sedert die begin van Februarie 2018 “patent pending” op hierdie tafeltjie se ontwerp. Die tafeltjie beskik oor ‘n Boggom handelsmerk, en word eksklusief deur Boggom aanlyn verkoop. Boggom het tans geen agente wat goedgekeur is om die tafeltjie te verkoop nie.

Aflewering neem sowat 15 werksdae, want kwaliteit neem tyd.

Out of stock

SKU: WYN1 Category: Tag: