“Verfyn, maar getrain” Boggom beker

R85.00

‘n Engelsman sou jou dalk dainty noem, min wetende dat jy ‘n boerevrou is wat jou man kan staan. Jy het meer staal in jou pinkie as wat Staal Burger in sy hele lyf gehad het, en meer murg in jou pype as wat Jan van Til in sy linkerbroekspyp gehad het. Jy’s dalk verfyn, maar beslis getrain.


Boggom Bekers word professioneel d.m.v. ‘n sublimeringsproses gedruk en daarna teen hoë hitte in ‘n oond gebak. Die keramiekbekers is mikrogolfoond asook opwasmasjien (boonste rak) veilig, soos wat mens van ‘n kwaliteit produk vanuit die boonste rakke sou verwag. Kleure van die fisiese produk mag effe verskil van die voorbeeld op skerm.

  • 325ml oondgebakte keramiekbeker met ‘n geglasuurde voorkoms;
  • word stewig verpak om skade te voorkom;
  • word  versend binne 2 – 3 werksdae;
  • deur-tot-deur aflewering.

Die Boggom handelsnaam word aan die agterkant van die beker gedruk (mits anders aangedui).

DUI ASSEBLIEF DIE JAARTAL AAN WAT JY VERLANG IN DIE NOTAS MET BESTELLING.

SKU: VERFYN-01 Categories: , ,