Shootertafeltjie (glase ingesluit)

R490.00

Handgemaak van eerstegraadse dennehout (pine) met die grootste liefde deur Boggom homselwers, is hierdie shootertafeltjie die ideale toevoeging tot jou braai- of kuier area.

INGESLUIT: Een dosyn (12) x 25ml shooter glasies (glas).

Stewige konstruksie getuig van die kwaliteit vakmanskap van ‘n houtwerker wat trots is op sy handewerk.

Die vernis wat gebruik is, is beide UV- en waterbestand. Die tafeltjie kan dus met ‘n klam lap afgevee word.

(A)maroelas, Springbokkies en al daai mooi dinge. 🙂

Nie te koop aan persone onder die ouderdom van 18 jaar nie.

Let wel: Daar is sedert die begin van Februarie 2018 “patent pending” op hierdie tafeltjie se ontwerp. Die tafeltjie beskik oor ‘n Boggom handelsmerk, en word eksklusief deur Boggom aanlyn verkoop. Boggom het tans geen agente wat goedgekeur is om die tafeltjie te verkoop nie.

Available on backorder

SKU: SHO1 Category: Tag: