Jou persoonlike Boggom beker (mans)

R85.00

JOU NAAM – verewig op jou eie, persoonlike Boggom beker.

‘n Lekker koffiebeker wat geen twyfel laat wie se eiendom dit is nie. Bedonnerde skrif om jou naam van ver af te sien.

Maak ‘n dowwe geluid wanneer dit kennis maak met iemand se neut.


Boggom Bekers word professioneel d.m.v. ‘n sublimeringsproses gedruk en daarna teen hoë hitte in ‘n oond gebak. Die keramiekbekers is mikrogolfoond asook opwasmasjien (boonste rak) veilig, soos wat mens van ‘n kwaliteit produk vanuit die boonste rakke sou verwag. Kleure van die fisiese produk mag effe verskil van die voorbeeld op skerm.

  • 325ml oondgebakte keramiekbeker met ‘n geglasuurde voorkoms;
  • word stewig verpak om skade te voorkom;
  • word  versend binne 2 – 3 werksdae;
  • deur-tot-deur aflewering.

Die Boggom handelsnaam word aan die agterkant van die beker gedruk (mits anders aangedui).


ONTHOU OM DIE NAAM/NAME WAT OP DIE BEKERS MOET VERSKYN, IN DIE “NOTES” DEUR TE GEE WANNEER DIE BESTELLINGS GEPLAAS WORD.

SKU: PB01-M Categories: , , Tag: