“Ouma/Oupa en kleinkinders” Boggom beker

R130.00 R99.00

Dit kom nou daarvan as daar “Kinders by Dosyne” op jou troue gesing is – jy word die ouma/oupa van ‘n ossewavrag vol kleinkinders. Gelukkig kan jy hulle vrot bederf en dan weer teruggee vir hulle ouers. Lys hulle name op ‘n beker, dit sal jou help om te onthou wie’s wie.


Boggom Bekers word professioneel d.m.v. ‘n sublimeringsproses gedruk en daarna teen hoë hitte in ‘n oond gebak. Die keramiekbekers is mikrogolfoond asook opwasmasjien (boonste rak) veilig, soos wat mens van ‘n kwaliteit produk vanuit die boonste rakke sou verwag. Kleure van die fisiese produk mag effe verskil van die voorbeeld op skerm.

  • 325ml oondgebakte keramiekbeker met ‘n geglasuurde voorkoms;
  • word stewig verpak om skade te voorkom;
  • word  versend binne 2 – 3 werksdae;
  • deur-tot-deur aflewering.

Die Boggom handelsnaam word aan die agterkant van die beker gedruk (mits anders aangedui).


ONTHOU OM AAN TE DUI OF JY ‘N OUMA OF ‘N OUPA IS, EN OOK DIE KLEIN KARNALLIES SE NAME WAT OP DIE BEKER MOET VERSKYN, IN DIE “NOTES” DEUR TE GEE WANNEER DIE BESTELLINGS GEPLAAS WORD.

SKU: OUMA-01 Categories: , ,