“Maroelas en al daai mooi dinge” beker (Maroelas-01)

R65.00

Die beroemde Maroelas en al daai mooi dinge boeretroos keramiekbeker (met ‘n titseltjie geel om jou dag op te kikker).

‘n Slagspreuk wat boekdele spreek van die pure lekkerte van boggomjaan wees. Bekyk die mooi dinge rondom jou terwyl jy oom Boggom se bevange boeretroos uit hierdie beker geniet.


Boggom Bekers word professioneel d.m.v. ‘n sublimeringsproses gedruk en daarna teen hoë hitte in ‘n oond gebak. Die keramiekbekers is mikrogolfoond asook opwasmasjien (boonste rak) veilig, soos wat mens van ‘n kwaliteit produk vanuit die boonste rakke sou verwag. Kleure van die fisiese produk mag effe verskil van die voorbeeld op skerm.

  • 325ml oondgebakte keramiekbeker met ‘n geglasuurde voorkoms;
  • word stewig verpak om skade te voorkom;
  • word  versend binne 2 – 3 werksdae;
  • deur-tot-deur aflewering.

Die Boggom handelsnaam word aan die agterkant van die beker gedruk (mits anders aangedui).