Boggom longdrop + tot dispenser + soustafeltjie (zebra)

R699.00

Die Boggom Longdrop

Handgemaak van eerstegraadse dennehout (pine) met die grootste liefde deur Boggom homselwers, is hierdie longdrop die perfekte toevoeging tot jou kroeg of lapa.

Laai hom met jou gunsteling mampoer, witblits, brannas of wat-jy-ookal drink.

Die longdrop is vernis sodat dit maklik met ‘n klam lap skoongemaak kan word wanneer dinge morsig beginne raak.

Die oorspronklike Boggom Soustafeltjie

Handgemaak van eerstegraadse dennehout (pine) met die grootste liefde deur Boggom homselwers, is hierdie soustafeltjie perfek vir jou braai of onthaalarea.

Bêre hom sommer net so met souse en al in die kombuiskas, slaggereed vir jou volgende braai.

Ontwerp om die mees populêre souse en goete te huisves.

Die tafeltjie is vernis sodat dit maklik met ‘n klam lap skoongemaak kan word.

Die “tot dispenser” is wel INGESLUIT; die drank, souse en eetgerei is nie.

Aflewering neem ongeveer 2 – 3 werksdae.

*** Daar is sedert die begin van Februarie 2018 “patent pending” op die tafeltjie. Nieteenstaande hiervan is daar ontsettend baie namaaksels van die tafeltjie beskikbaar; meeste daarvan van swak kwaliteit. Die oorspronklike tafeltjie beskik oor ‘n Boggom handelsmerk, en word eksklusief deur Boggom aanlyn verkoop. Boggom het tans geen agente wat goedgekeur is om die tafeltjie te verkoop nie.

In stock

SKU: SLD-ZEB Category: