FAQs ("kwelvrae")
Hier by Boggom is daar nie iets soos dom vrae nie.
Oor Boggom
Al my Boggom produkte is eksklusief en alleenlik aanlyn te koop. My reputasie spreek vanself; besoek gerus my Boggom en Boggom Vellies Facebook blaaie en lees wat die res van die trop te sê het. Die trop groei maandeliks met sowat 1000 aanhangers.
Ek woon in Magalieskruin, Pretoria.
Boggom beskik nie oor 'n fisiese winkel nie, en verkoop op hierdie stadium slegs aanlyn.
Ongelukkig nie, want anders gaan ek nooit 'n produk gebou kry of 'n steek werk gedoen kry nie.
Verkieslik nie, want anders gaan ek nooit 'n produk gebou kry of 'n steek werk gedoen kry nie omdat ek permanent aan my foon gekluister is.
E-pos my gerus: info@boggom.co.za
Gebruik Whatsapp slegs in 'n noodgeval, indien moontlik.
Jou bestelling
Ek werk op 'n first come first serve basis. Soms is dit lekker besig hier by my, met tye weer so te sê doodstil.
Vellies:
Om veilig te speel, sal ek my uiterste bes probeer om jou bestelling binne 4 - 6 weke af te handel. Dit mag dalk nie haalbaar wees nie, aangesien ek vir sommige items afhanklik is van my verskaffers se leityd.
Boggom bekers:
Jou bestelling behoort gelewer te word binne 5 werksdae vandat die fondse in Boggom se rekening wys.
Boggom houtwerk:
Jou bestelling behoort gelewer te word binne 2 - 3 werksdae vandat die fondse in Boggom se rekening wys.
Sodra jou pakkie gereed is en my hande verlaat, sal jy 'n naspoornommer (tracking number) via e-pos van my af ontvang.
Neem asseblief in ag dat ek nie groot hoeveelhede produkte vooraf vervaardig nie, en dat daar soms ook vertragings mag plaasvind tydens aflewering.
Plaas jou bestelling aanlyn op die webwerf. My sisteem sal daarna outomaties 'n faktuur per e-pos aan jou uitreik waarop Boggom se bankbesonderhede verskyn.
EFT jou betaling.
Sodra die betaling in Boggom se rekening wys, begin ek werk aan jou bestelling.
Deur-tot-deur aflewering vir bestellings ter waarde van R750 en meer, is gratis.
Bestellings ter waarde van minder as R750, beloop R110.
Sodra jou pakkie gereed is en my se hande verlaat, sal jy 'n spoornommer (tracking number) per e-pos van my af ontvang.
Wanneer jou pakkie by my sy ry kry behoort dit by jou te wees binne:
Pretoria en Gauteng: 1-2 werksdae;
Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Noord-Kaap, Wes-Kaap en die Oos-Kaap: 3-4 werksdae.
Neem asseblief in ag dat ek nie groot hoeveelhede produkte vooraf vervaardig nie, en dat daar soms vertragings mag plaasvind tydens aflewering.
Sodra die koerier jou bestelling by my optel, verskaf ek die naspoor details aan jou per e-pos.
Op die koerier se webwerf is daar 'n opsie om per e-pos op datum gehou te word, sodat jy presies weet waar jou pakkie in die stelsel is.
Dis ook moontlik om jou pakkie na te spoor op die koerier se webwerf.
Soos wat dit maar met alles die geval is, is daar wel fyn skrif ja.
Myne is short & sweet.
Jou vellies
As 'n reël: neem die UK grootte wat jy gewoonlik sou dra.
Indien jy twyfel, sien gerus die 2 tabelle onderaan die bladsy vir dames en vir mans.
My Boggom vellies word in standaard UK groottes vervaardig.
Indien jou vellies dalk bietjie knap sit in die begin, neem in ag dat die volgreinleer wat gebruik word, wel effens sal rek en mettertyd jou voet se vorm sal aanneem.
Ek kan egter nie waarborg dat jou 'Boggoms' 100% sal pas nie, maar is heeltemal bereid om hulle vir jou te ruil vir 'n ander nommer in dieselfde reeks. Koerierkoste is vir jou rekening.
Danksy die hoë gehalte volgrein leer waarvan jou Boggom vellies vervaardig word asook die looiproses waaraan dit onderwerp word, is jou vellies alreeds supersag wanneer dit by jou aanland.
Jou vellies mag dalk in die begin effe seermaak, maar sal vinnig die vorm van jou voet aan neem.
Jou 'Boggoms' behoort binne 2 dae of 10,000 kilometer in te loop.
Nah - ek grap net. 🙂
Twee dae se dra, en hulle is ingeloop.
Persoonlik verkies ek Plush se produkte, solank dit 'n neutrale/wit kleur het. Oranje Dubbin sal jou vellies se kleur donkerder maak.
Hier's 'n handige artikel van Plush.
Indien jy eerder die "natural look" van jou 'Boggoms' verkies, dra hulle net so. Hulle is gebou om te hou.
Ek is vreeslik bly jy het gevra, want dis by verre die beste kwaliteit leer. Ek haal aan:
The strongest and most durable part of the hide of an animal is just below the hair. The grain pattern in this part of the hide is very tight, and the leather made from here is called "full-grain" leather. Full-grain leather is the strongest and most durable leather.
Additionally, since the grain is so tight, it resists moisture very well. Over time, full-grain leather will look nicer and nicer and develop a patina from being handled.
Lees die volledige artikel hier.
DAMES
UK | BOGGOM | EU |
---|---|---|
3 | 3 | 36 |
4 | 4 | 37 |
5 | 5 | 38 |
6 | 6 | 39 |
7 | 7 | 40 |
8 | 8 | 41 |
9 | 9 | 42 |
MANS
UK | BOGGOM | EU |
---|---|---|
5 | 5 | 40 |
6 | 6 | 41 |
7 | 7 | 42 |
8 | 8 | 43 |
9 | 9 | 44 |
10 | 10 | 45 |
11 | 11 | 46 |
12 | 12 | 47 |