‘n Onlangse Facebook plasing het weer herinneringe uit my verlede opgediep; ou wonde oopgekrap. Ek het besluit die pad van genesing mag dalk daarin lê om hart oop te maak teenoor die trop. Eens op ‘n tyd was ek ‘n sprankelende alleenlopende individu, ‘n borrelende bobbejaan wat iets vir die samelewing kon beteken. Die oorgrote meerderheid van die grappies wat …
Die kortsigtige copycat
Ek vervaardig en verkoop die oulikste houtprodukte onder my Boggom handelsnaam. Dis nou al vir meer as 2 jaar my een en enigste bron van inkomste. Sou jy dus willens en wetens my idees gebruik om ‘n inkomste mee te genereer – nog meer so indien dit jou maandelikse salaris aanvul, hoe karig ook al – dan beskou ek dit …
Hallo Meneer Copycat
Hallo Meneer Copycat (een van die sowat 120+ nou al), [Geredigeer, Maart 2018: Neem kennis dat daar ‘n suksesvolle voorlopige patent (“patent pending”) aansoek toegestaan is in Februarie 2018 op hierdie, asook enige toekomstige ontwerpe van hierdie tafeltjie. Indien jy dus hierdie of ‘n soortgelyke ontwerp kommersieël beskikbaar wil stel, adviseer ek jou om rekords te begin hou van jou …
It’s not inside – it’s on top
Weereens gee ek my ouderdom lekker weg, want sien – indien jy die oorspronklike Cremora TV advertensie kan onthou, begin jy maar verlief neem met die feit dat middeljarige mense jou deesdae beginne ‘oom’ en ‘tannie’. Selfs oom Jan Spies het dit op sy voorstoep gestaan en beaam. Cremora was sy ‘koffiekapitaal’ – pure plaas. Ryk… en lekker. Só het …
Die versteurde Voortrekkers
Soos in enige gemeenskap die geval is, glo ek dat daar selfs destyds met die Groot Trek ‘n paar individue saam is wat nie altyd all there was nie. Mense wie se wielietjie draai, maar die hamster het al lankal afgeneuk. Die mooi Afrikaanse uitdrukking sou wees “van lotjie getik”. Nie dat die Voortrekkerleiers self al hulle varkies op hok …
Gróót Moeilikheid in Magalieskruin, Pretoria
Douvoordag Saterdagoggend 11 Maart, hoor ek vir Labstes die Labrador vreeslik en verskriklik blaf aan die onderkant van die erf, straat se koers. Gewoonlik groet en gesels sy met die honde wat hulle eienaars vroegoggend aan ‘n leiband in die straat rondsleep/vir ‘n stappie neem. Dis doodnormaal, en dus bou ek eers heel rustig ‘n beker boeretroos voordat ek vir …
Daai “rehoming” post
Vreeslik baie dankie aan ‘n ieder en ‘n elk wat gereageer het op my onlangse “Sukkelende skrywer, free to a good, loving home” post op die Ooste en Montana Facebook groepe. Dit blyk egter dat ek nie die saak mooi oordink het voordat ek die advertensie geplaas het nie, maar nou ja – dit wys jou nou net, mens kan …
Die prokureurs, die pornografie, en die preutse tannie
Baie jare gelede was ek as vryskut IT konsultant werksaam by ‘n prominente prokureursfirma in Pretoria. Prokureurs is by verre dié moeilikste kliënte om te hê in die IT-bedryf, want dis mos nou nie mense wat jy sommer goedsmoeds met prokureurs kan dreig nie. Dreigemente soos dié val op dowe ore, of word summier begroet met ‘n histeriese gelaggery – gewoonlik …
Dating Site Dinge
Ek het toe mos my hand (lyf?) gewaag aan “Internet dating” vroeg in 2015. Vanweë die druk wat verskeie vriende en vriendinne op my geplaas het sedertdien, het ek tog maar besluit om my wedervaringe hier te deel. Wees gewaarsku – daar is “some really weird piepol” daar buite. Maar wag, ek loop die storie vooruit. Kom ons begin by …
Die hoitie-toitie wynproewer – en die kommin biker
In die dae voor Facebook moes mens actually van aangesig tot aangesig met iemand gesels om hulle te leer ken. Deesdae, danksy Facebook, is dit baie maklik om iemand op sy baadjie (of selfs sy bike) te takseer nog lank voordat jy die arme drommel persoonlik en in lewende lywe ontmoet het. My onlangse ondervinding van hierdie einste op-die-baadjie-taksering, het …