Ek het gaan stap vandag… … namens honderde boere wat nie meer kan stap nie, omdat hulle wreed op hulle plase vermoor is. Ek het gaan stap vandag… … sodat ek kon gaan luister hoe Mariandra Heunis haar geliefde man se moord beskryf onder die titel “The Day I Died”. Ek het gaan stap vandag… … namens al die Afrikaanse …
Richard Gere – hoedat ek weet hy’s ‘n opregte omgeemens
My generasie, soos wat Steve Hofmeyr in een van sy talle boeke skryf, is bekend as die “met/sonder” generasie. Ons het beide “sonder”, maar ook “met” die huidige tegnologiese wonders grootgeword. Nie net met en sonder rekenaars, selfone, Google, Facebook, e-mail en die Internet nie – selfs met en sonder televisie. Toestelle wat deesdae alledaags is, soos byvoorbeeld die TV …
Laataand verlange
“As ek saans met my maats om die kampvuur sit, kampvuur sit, klop my hart van puur genot…” Die ouer boggomjane onder ons sal hierdie liedjie kan onthou uit hulle prille Vorie-jeug. Die jonger trop sal egter moet gaan Google vir sy oorsprong, om te probeer bepaal waar die liedjie inpas in ons herkoms. Wanneer ek en my maats deesdae …
Ons is nie equipped nie
Was die lewe maar ‘n PC gameof ‘n XBox of PS dan kon ons dalk onsself equipmet XP en Xperience gaan wegkruip iewers op die mapvir die goed wat op ons skiet. Maar dié is nie ‘n PC gameof ‘n XBox of PS ek kry myself nie ge-equipmet XP of Xperience te min body armour en shieldsvir dit wat op …
Wanneer laas…
Wanneer laas was jou gelaat se trekke tussen ‘n ander se warm hande sag toegevou met deernis? Wanneer laas het jy die drang-en-hitte-passie van lief-vir-jou ervaar? Wanneer laas kon jy die altyd-daar-wees-lekker van lank-saamloop beleef? Wanneer laas het jy iets anders ervaar as koud en kil en hard? Wanneer laas was jou bestaan van dag tot dag meer as net …
Jy was nie meer daar nie
Ons was daar vir mekaar vir baie lank. Mekaar se maatjies, mekaar se optel-na-nuwe hoogtes, mekaar se huppel-in-die-stap, mekaar se blink-oog-inspirasie, mekaar se skaterlag. Ons was soveel meer as net mekaar se beste vriende – ons was ook bondgenote, minnaars, sielsgenote. Ons het selfs ons eie bende gestig, lidmaatskap beperk tot net ons twee. Ons was trots daarop dat ons …