In Januarie 2020 het ek hierdie voorwerp op my Facebook page geplaas om te sien of die trop boggomjane kon raai wat dit is. Die leidraad wat verskaf is, het gemeld dat ‘n dorp in Suid-Afrika na dié voorwerp vernoem is. Verskeie raaiskote is gewaag, waarvan Colesberg en Butterworth die gunstelinge was. Sommige troplede was van mening dat die handgekerfde …
Wat die trop (asook Landbouweekliks en Maroela Media) wou weet
Boggom het onlangs in die Landbouweekliks ateljee gaan kuier. Die joernalis Gerrit Bezuidenhout wou by hom weet hoe die handelsnaam Boggom ontstaan het asook waar die interessante name vir beide sy mans- en damesvelliereekse vandaan kom. Mariné Lourens van Maroela Media het ‘n profiel-artikel oor Oom Boggom geskryf wat heelwat kommentaar uitgelok het. Hier’s die skakel: https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/sy-liefde-vir-adoons-lei-tot-boggom-manewales/ Susan Botha van …
Houtwerk met Humor
Copycats is vreeslik lief daarvoor om my produkte na te maak. Hierdie praktyk gaan nou al ‘n geruime tydjie aan en raak nou al só erg, dat daar deesdae copycats is wat begin om my oorspronklike copycats se knockoffs na te maak. Dié domino-effek het natuurlik tot gevolg dat meeste van die goedjies wat aanmekaar geslaan word, maar taamlik bedeesd …
Die kortsigtige copycat
Ek vervaardig en verkoop die oulikste houtprodukte onder my Boggom handelsnaam. Dis nou al vir meer as 2 jaar my een en enigste bron van inkomste. Sou jy dus willens en wetens my idees gebruik om ‘n inkomste mee te genereer – nog meer so indien dit jou maandelikse salaris aanvul, hoe karig ook al – dan beskou ek dit …
Hallo Meneer Copycat
Hallo Meneer Copycat (een van die sowat 120+ nou al), [Geredigeer, Maart 2018: Neem kennis dat daar ‘n suksesvolle voorlopige patent (“patent pending”) aansoek toegestaan is in Februarie 2018 op hierdie, asook enige toekomstige ontwerpe van hierdie tafeltjie. Indien jy dus hierdie of ‘n soortgelyke ontwerp kommersieël beskikbaar wil stel, adviseer ek jou om rekords te begin hou van jou …
Waarheen Boggom op pad is – ook bekend as “Plan B”
Waarheen Boggom op pad is: ‘n stap-vir-stap verduideliking (met apologie aan Robbie Wessels) As daar nou een ou is wat glad nie ‘n lang storie kan kort maak nie, is dit ek. Gelukkig het ek ‘n goeie verskoning, want sien – ek’s ‘n skrywer. Oftewel, ek probeer kliphard om een te wees. “Fake it ’till you make it” soos hulle …
Richard Gere – hoedat ek weet hy’s ‘n opregte omgeemens
My generasie, soos wat Steve Hofmeyr in een van sy talle boeke skryf, is bekend as die “met/sonder” generasie. Ons het beide “sonder”, maar ook “met” die huidige tegnologiese wonders grootgeword. Nie net met en sonder rekenaars, selfone, Google, Facebook, e-mail en die Internet nie – selfs met en sonder televisie. Toestelle wat deesdae alledaags is, soos byvoorbeeld die TV …
Hoe skryf ‘n skrywer?
Die kort antwoord is: baie moeilik. Ek glo heelwat mense is onder die indruk dat om te skryf, ‘n maklike ding is. Jy plak jou gaai neer op ‘n stoel voor ‘n rekenaar, maak ‘n MS Word dokument oop en begin tik. Hoe moeilik kan dit nou wees? Donners moeilik, laat ek jou vertel. As jou enjin die dag nie …