Richard Gere

Richard Gere – hoedat ek weet hy’s ‘n opregte omgeemens

Boggom Allerlei, Hartseer en Heimwee

My generasie, soos wat Steve Hofmeyr in een van sy talle boeke skryf, is bekend as die “met/sonder” generasie. Ons het beide “sonder”, maar ook “met” die huidige tegnologiese wonders grootgeword. Nie net met en sonder rekenaars, selfone, Google, Facebook, e-mail en die Internet nie – selfs met en sonder televisie. Toestelle wat deesdae alledaags is, soos byvoorbeeld die TV …

Hoe skryf 'n skrywer

Hoe skryf ‘n skrywer?

Boggom Allerlei

Die kort antwoord is: baie moeilik. Ek glo heelwat mense is onder die indruk dat om te skryf, ‘n maklike ding is. Jy plak jou gaai neer op ‘n stoel voor ‘n rekenaar, maak ‘n MS Word dokument oop en begin tik. Hoe moeilik kan dit nou wees? Donners moeilik, laat ek jou vertel. As jou enjin die dag nie …

Labbie

Gróót Moeilikheid in Magalieskruin, Pretoria

Boggom Humor Leave a Comment

Douvoordag Saterdagoggend 11 Maart, hoor ek vir Labstes die Labrador vreeslik en verskriklik blaf aan die onderkant van die erf, straat se koers. Gewoonlik groet en gesels sy met die honde wat hulle eienaars vroegoggend aan ‘n leiband in die straat rondsleep/vir ‘n stappie neem. Dis doodnormaal, en dus bou ek eers heel rustig ‘n beker boeretroos voordat ek vir …

Kampvuur

Laataand verlange

Boggom Hartseer en Heimwee

“As ek saans met my maats om die kampvuur sit, kampvuur sit, klop my hart van puur genot…” Die ouer boggomjane onder ons sal hierdie liedjie kan onthou uit hulle prille Vorie-jeug. Die jonger trop sal egter moet gaan Google vir sy oorsprong, om te probeer bepaal waar die liedjie inpas in ons herkoms. Wanneer ek en my maats deesdae …

Rehoming

Daai “rehoming” post

Boggom Humor

Vreeslik baie dankie aan ‘n ieder en ‘n elk wat gereageer het op my onlangse “Sukkelende skrywer, free to a good, loving home” post op die Ooste en Montana Facebook groepe. Dit blyk egter dat ek nie die saak mooi oordink het voordat ek die advertensie geplaas het nie, maar nou ja – dit wys jou nou net, mens kan …

Jy was nie meer daar nie

Jy was nie meer daar nie

Boggom Hartseer en Heimwee Leave a Comment

Ons was daar vir mekaar vir baie lank. Mekaar se maatjies, mekaar se optel-na-nuwe hoogtes, mekaar se huppel-in-die-stap, mekaar se blink-oog-inspirasie, mekaar se skaterlag. Ons was soveel meer as net mekaar se beste vriende – ons was ook bondgenote, minnaars, sielsgenote. Ons het selfs ons eie bende gestig, lidmaatskap beperk tot net ons twee. Ons was trots daarop dat ons …

Die Preutse Tannie

Die prokureurs, die pornografie, en die preutse tannie

Boggom Humor

Baie jare gelede was ek as vryskut IT konsultant werksaam by ‘n prominente prokureursfirma in Pretoria. Prokureurs is by verre dié moeilikste kliënte om te hê in die IT-bedryf, want dis mos nou nie mense wat jy sommer goedsmoeds met prokureurs kan dreig nie. Dreigemente soos dié val op dowe ore, of word summier begroet met ‘n histeriese gelaggery – gewoonlik …

Dating Site Dinge

Boggom Humor 10 Comments

Ek het toe mos my hand (lyf?) gewaag aan “Internet dating” vroeg in 2015. Vanweë die druk wat verskeie vriende en vriendinne op my geplaas het sedertdien, het ek tog maar besluit om my wedervaringe hier te deel. Wees gewaarsku – daar is “some really weird piepol” daar buite. Maar wag, ek loop die storie vooruit. Kom ons begin by …