Welkom by Boggom vellies

Tuiste van oom Boggom se beroemde reeks Magaliesberg, Sederberg en Drakensberg mans vellies.

Ook tuiste van verskeie boeremeisies se Bergpatat dames vellies.

Image

Boggom bekers

Kwinkslae, sêgoed en selfs jou eie naam verewig op 'n keramiek koffiebeker.

Geniet jou boeretroos in styl.

Ideeal as 'n geskenk vir die spesiale bobbejaan in jou lewe.

Tevrede troplede

Kwaliteit produkte en uitmuntende kliëntediens sedert 2016.

SUZANNE DE GOEDE

Gevatte sêgoed. Pragtige vakmanskap en uitsonderlike diens!

LOUISE DU PLESSIS

Beste stories, wonderlike gemeenskap boggomjane en uitstekende kwaliteit produkte!

ADELE COETZEE

'n Besigheid sonder scams, versteekte fyn skrif en leë beloftes. Dit waarvoor jy betaal kry jy op die tyd wat hulle sê.

Wel gedaan Boggom. Julle laat mens weer glo aan die mensdom en besighede wat "online" verkoop.

Image

artikels


 

Wie is “oom” Boggom?

Oom Boggom is die einste jollie bobbejaan van wie daar gesing word in die liedjie “Bobbejaan klim die berg”.

Dié brandwagbobbejaan het ‘n groot trop boggomjane (43,000+) wat hy daagliks sedert September 2016 op sy Facebook page vermaak. Dis stresvol om elke dag bessies en skerpioene te loop soek, en daarom is Oom Boggom se doel in die lewe om al wat BoggomJan en BoggomJana is, se dag so ‘n bietjie op te vrolik.