Is hierdie voorwerp bokant jou vuurmaakplek?

Boggom Allerlei 5 Comments

In Januarie 2020 het ek hierdie voorwerp op my Facebook page geplaas om te sien of die trop boggomjane kon raai wat dit is. Die leidraad wat verskaf is, het gemeld dat ‘n dorp in Suid-Afrika na dié voorwerp vernoem is.

Verskeie raaiskote is gewaag, waarvan Colesberg en Butterworth die gunstelinge was. Sommige troplede was van mening dat die handgekerfde houtboks gebruik is om kole in rond te dra vir verskeie gebruike, soos byvoorbeeld as voetverwarmer in die kerk of aan die voetenend van ‘n katel, of dat die boksie kole bevat het om oupagrootjie se pyp mee op te steek.

Die Butterworth-brigade was onder die indruk dat hierdie ‘n botterpers is waarmee blokke botter gedruk is, vandaar die dorp se naam. Ander weer was onder die indruk dat dit ‘n pers om seep mee te vervaardig, ‘n baksteenmaker of ‘n antieke Indiese oliepot kon wees.

Indien die voorwerp bokant jou vuurmaakplek was (soos wat Betsie Pretorius skertsend in die kommentaar van die plasing genoem het) – was jy in die kol. Hierdie boksie sou inderdaad bokant, of ten minste naby jou vuurmaakplek aangetref word.

Hierdie handgekerfde houtboks is die doos waarin die tontel gebêre sou word, oftewel dan ‘n tonteldoos.

Volgens Wikipedia:

‘n Tondeldoos is ‘n kokertjie (dosie) met tontel daarin wat gebruik word om ‘n vuur of ‘n pyp aan te steek. Die tontel in die boksie is ‘n ligte vlambare stof, soos katoen of ‘n stukkie lap. ‘n Vuursteen en ‘n metaal ring, die vuurslag, word daarmee saam gebruik om vonke te verskaf.

Vuursteen, vuurslag en tontel

Die vuurslag bestaan uit koolstofhoudende yster. Die vuursteen word teen die tontel gedruk of vasgeknyp, terwyl die vuursteen teen die metaal ring (vuurslag) gekap word om vonke op die tontel te laat spat. As dit werk, sal die tontel begin smeul en kan daarop geblaas word om ‘n vlammetjie te maak.

Tonteldose het aan die begin van die 20ste eeu in onbruik verval. Vuurhoutjies het algemeen beskikbaar en goedkoper geraak en is ook aansienlik makliker om te gebruik.

Die hedendaagse, moderne weergawe van die tonteldoos is die een wat ons almal ken:

‘n Moderne tonteldoos

Hoe Tonteldoos (die dorp) sy naam gekry het

Volgens Portfolio se webwerf:

Tonteldoos is a small town in Mpumalanga, established in 1883 and originally populated by poor but resourceful burghers.

The word ‘tonteldoos’ means tinderbox. While no-one is certain how the town got its unique name, the story goes that the local land surveyor lost his tinder-box in the area whilst surveying the farmlands.

About Tonteldoos

Tonteldoos is located in a peaceful valley near Dullstroom, a popular fly fishing destination. It is surrounded by farmlands and the town itself has a pub, a cheese farm, a country kitchen and some places to stay.

The valley is known for having three species of arum lilly including the rare yello arum, and has another rare plant species, the Aloe reitzil.


Die oorspronklike Facebook plasing waar ek gevra het watse voorwerp die tonteldoos is, is hier te vinde.

Comments 5

    1. Post
      Author

      Sowat 20 troplede het met die korrekte antwoord vorendag gekom. Kyk gerus na die kommentaar op die oorspronklike Facebook plasing.

  1. Ian dit was nou baie interessant DANKIE!
    Ek het ook nie geweet daars ‘n dorpie met die naam “Tonteldoos” nie.
    Groete Tanya

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *