Houtwerk met Humor

Houtwerk met Humor

Boggom Allerlei

Copycats is vreeslik lief daarvoor om my produkte na te maak. Hierdie praktyk gaan nou al ‘n geruime tydjie aan en raak nou al só erg, dat daar deesdae copycats is wat begin om my oorspronklike copycats se knockoffs na te maak.

Dié domino-effek het natuurlik tot gevolg dat meeste van die goedjies wat aanmekaar geslaan word, maar taamlik bedeesd en soos Standerd-Ses-houtwerkklaspogings voorkom. Soos die hond se gat lyk, met ander woorde.

Aangesien daar geen oorspronklikheid onder die copycats bestaan nie, word ek dan ook noukeurig op Facebook dopgehou. Sodra daar ‘n sweempie van ‘n nuwe idee ter sprake is, verhoog my followers feitlik oornag en vryf ongure, shady karakters hulle vuil handjies saam in afwagting vir ‘n vinnige geldjie – because there’s no honour among thieves, mos.

Vanjaar (2018) het ek die copycats aan die neus begin rondlei en vir maande lank die afwagting laat opbou. Nou en dan het ek ‘n leidraad laat val dat ek ‘n nuwe reeks produkte aan die einde van die jaar gaan uitreik.

Voorts het ek in November 2018 my eie reeks Boggom Vellies uitgereik, en daarop gesinspeel dat ‘n reeks houtprodukte getiteld “Houtwerk met Humor” kort daarna sou volg.

Hiermee dan, my beloofde Houtwerk met (tong in die kies) Humor reeks. Ek glo die copycats het nog ‘n paar dae tyd voor Krismis om vir Johannes en Phineas in die werk te steek. (terloops: ek vervaardig self my reeks Boggom houtprodukte, sonder die hulp van enige handlangers).

Stap 1
Gee hierdie tools vir Johannes en Phineas.
Gaan koop solank ander.

Stap 2
Daai pallet- en ander cheap hout wat al vir hoe lank in die wind en weer lê?
Gee dit ook vir Johannes en Phineas.

Stap 3
Maak ‘n streep met ‘n potlood min of meer in die middel.
Jy hoef glad nie te meet nie, dis vir die voëls.
Darem voel dit dan jy het ook iets gedoen.

Stap 4
Laat Johannes hout blokke soos hierdie saag.
Jy en Phineas kan staan en kyk.

Stap 5
Kry tou.
Enige tou.

Stap 6
Draai lap om die tou.
Laat Phineas kyk hoe draai jy die lap om die tou.

Stap 7
Laat Johannes gate boor in die plank.
Wuif jou elektriese boor en boorpunte vaarwel toe.

Stap 8
Druk die tou deur die gate wat Johannes geboor het.
Knoop aan die onderkant.

Stap 9
Kyk na hierdie foto.
Wys dit vir Johannes en Phineas ook.
Dis mooi, nè?

Stap 10
Alhoewel julle gewoond is om goed met spykers vas te moer, probeer hierdie keer houtlym.
Dit sal fun wees.

Stap 11
Gaan sit jou knockoff buite iewers neer.
Roep jou goose/stukkie sodat sy ook impressed kan wees.

Stap 12 (opsioneel)
Wys vir die hout jy het skuurpapier.
As jy nie skuurpapier het nie, skip hierdie stap.

Stap 13 – TA-DA!
Jou eie knockoff Boggom “Vellies” – maar uit hout uit.
Verkoop op Facebook vir R10 minder as die oorspronklike.