Ek het gaan stap vandag

Ek het gaan stap vandag…
… namens honderde boere wat nie meer kan stap nie, omdat hulle wreed op hulle plase vermoor is.

Ek het gaan stap vandag…
… sodat ek kon gaan luister hoe Mariandra Heunis haar geliefde man se moord beskryf onder die titel “The Day I Died”.

Ek het gaan stap vandag…
… namens al die Afrikaanse kunstenaars en celebs wat te bang is om standpunt in te neem teen plaasmoorde en grondonteiening.

Ek het gaan stap vandag…
… vir my volk, my taal en my kinders se toekoms, selfs al word dit nie erken of waardeer nie.

Ek het gaan stap vandag…
… vir elke keyboard kryger op Facebook wat gewoonlik meer bek as binnegoed is, maar vandag geskitter het in sy/haar afwesigheid.

Ek het gaan stap vandag…
… namens die apatiese Afrikaner wat wegkruip in ‘n hoek, en hoop dit sal vanself beter gaan.

Ek het gaan stap vandag…
… sodat ek Die Stem saam met boere-Afrikaners uit volle bors kon sing, dalk vir die laaste keer.

© Boggom
16 November 2018
Amerikaanse Ambassade, Pretoria


Hierdie plasing is ook op Facebook beskikbaar vir kommentaar.