Wanneer laas… (13 Januarie 2017)

Wanneer laas was jou gelaat se trekke
tussen ‘n ander se warm hande
sag toegevou met deernis?

Wanneer laas het jy
die drang-en-hitte-passie
van lief-vir-jou ervaar?

Wanneer laas kon jy
die altyd-daar-wees-lekker
van lank-saamloop beleef?

Wanneer laas het jy
iets anders ervaar
as koud en kil en hard?

Wanneer laas was jou
bestaan van dag tot dag
meer as net ‘n struggle vir survival?

Wanneer laas het jy
jou kop se gedagtes toegelaat
om hierdie wanneer-laas-paadjie te loop?

Wanneer laas het jy besef
dat die wanneer-lase wat iewers
tussen laas en laaste-laas gebeur,

al hoe verder uit mekaar raak?

© Boggom

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *