Ons is nie equipped nie

Ons is nie equipped nie

Was die lewe maar ‘n PC game
of ‘n XBox of PS

dan kon ons dalk onsself equip
met XP en Xperience

gaan wegkruip iewers op die map
vir die goed wat op ons skiet.

Maar dié is nie ‘n PC game
of ‘n XBox of PS

ek kry myself nie ge-equip
met XP of Xperience

te min body armour en shields
vir dit wat op my skiet.

Hoe bootcamp jy vir die rou rou seer
van ‘n groot gees wat jou groet

waar kry jy genoeg Xperience
vir die alleenloop na die game

hoe XP jy vir jou hart se seer
van ‘n oop graf op die map

© Boggom


Hierdie plasing is ook op Facebook beskikbaar vir kommentaar.