Wie is Boggom?

Boggom is die einste jollie bobbejaan van wie daar gesing word in die liedjie “Bobbejaan klim die berg”.

Dié brandwagbobbejaan het ‘n groot trop boggomjane (20,000+) wat hy daagliks op sy Facebook page vermaak. Dis stresvol om elke dag bessies en skerpioene te loop soek, en daarom is ou Boggom se doel in die lewe om al wat BoggomJan en BoggomJana is, se dag so ‘n bietjie op te vrolik.

Boggom verdeel sy tyd tussen die skryf van twee boeke, asook Facebook bemarking vir uitgesoekte kliënte.

A R T I K E L S

Houtwerk met Humor

Houtwerk met Humor

Copycats is vreeslik lief daarvoor om my produkte na te maak. Hierdie praktyk gaan nou al ‘n geruime tydjie aan en raak nou al só erg, dat daar deesdae copycats is wat begin om my oorspronklike copycats se knockoffs na te maak. Dié dom...

17/12/2018

Ek het gaan stap vandag

Ek het gaan stap vandag… … namens honderde boere wat nie meer kan stap nie, omdat hulle wreed op hulle plase vermoor is. Ek het gaan stap vandag… … sodat ek kon gaan luister hoe Mariandra Heunis haar geliefde man se moord beskryf onder d...

16/11/2018
Boggom

Die kortsigtige copycat

Ek vervaardig en verkoop die oulikste houtprodukte onder my Boggom handelsnaam. Dis nou al vir meer as 2 jaar my een en enigste bron van inkomste. Sou jy dus willens en wetens my idees gebruik om ‘n inkomste mee te genereer – nog meer so...

11/10/2018

Wat die trop sê


Oulike Bo'jaan


Boggom het talent. 'n Gawe. 'n Paar gawes. Hy kan skryf en mens laat lag. Doet zo voort! Een moerse oulike bo'jaan!!! I loves u!

Hentie Botes

'n Slag met woorde


Hy maak my dag sommer net beter met al sy kwinkslae en sê-goed. Hy het 'n slag met woorde! Skreeusnaaks!

Ronel Oberholzer-Rein

Cool Kees


Laat my soms lekker "grin" vir die posts wat ou Boggom plaas. Ek geniet dit baie... jy's sommer 'n cool Kees!

Alma Gerber